Tuesday, May 8, 2018

Deon Meiring - Lyntjies T-hemp (Maandeinde #4)

Elke einde van die maand 'n nuwe liedjie, live opgeneem.

Video: DeWyk

Lirieke:

tussen die lyntjies

van my T-hemp

waar ek versreëls

van jou skryf

daar dra ek jou

regoor my lyf

sal jy my help

om my kreukels

uit te stryk

wys my waaraan

ek vas kan hou

wie wil ek wees

sal jy my help

om te onthou

tussen my vingers

waar ek dun is

loop daar lewe

by my uit

maar ek volg haar

die swaeltjie vooruit

en bid dat sy vir

my die somer

ook sal wys

wys my waaraan

ek vas kan hou

wie wil ek wees

sal jy my help

om te onthou

ek is 'n vlam

al is ek sterflik

teen die emmer

rondom my

as ek darem

kan flikker of skyn

kan ek terugblink

uit die see

onder my

wys my waaraan

ek vas kan hou

wie wil ek wees

sal jy my help

om te onthou

wys my waaraan

ek vas kan hou

wie wil ek wees

sal jy my help

om te onthou

jammer dit voel

asof ek wegdryf

ek dink iemand

vee my uit

so ek sal myself

oor moet skryf

sal jy vir my

net 'n nuwe

bladsy kry

No comments:

Post a Comment